geen vis nie

VLIEGHENGEL:

'N LEKKER

VISSTORIE

 


TUISBLAD - ONS GESIN - FAMILIEGESKIEDENIS -

BESOEK AAN DIE WILDE FORELWêRELD:

LADY GREY, BARKLY-OOS EN RHODES

In Maart 2003 het ons gaan kyk hoe die Drakensberg van die Oos-Kaap lyk. Lady Grey is 'n pragtige dorpie. Ons het op die plaas "Ossa" gebly. Dit is nou deel van die Lammergeyer privaat natuurreservaat. Die foto hier regs is waar ek wilde forel gejag het in die Karringmelkspruit. Daar het 'n koue windjie gewaai maar die vis kon nie die Muddler minnow weerstaan nie. Ek het 'n kleinerige reënboogforel van 20 cm gevang. Op die foto hier staan ek by die poel in die Karringmelkspruit waar ek die wilde forel gekry het en natuurlik weer vrygelaat het.

Ons volgende blyplek was op die plaas Vredesrus in die Tentkop omgewing. Op pad daarheen het ons eers in Rhodes gekuier. Hierdie dorp is 'n juweeltjie. Ons het in die bekende Rhodes hotel middagete geëet en in die klein winkeltjie voorrade aanvul. Soos gebruiklik moes ek op Rhodes vir Juan-Mari Naude van die plaas Vredesrus bel om te sê as ek daar vertrek. Die 30 km na hulle plaas toe via Naudesnek neem omtrent een en 'n half uur om te voltooi. Sy moes glo al dikwels 'n soekgeselskap uitstuur om mense te gaan haal. Naudespas was nogal 'n uitdaging vir die Polo maar ons het lekker rustig gery en die omgewing goed bekyk.

Die Bellrivier wat langs die pad vanaf Rhodes kronkel is baie mooi. Ons moes elke keer by 'n bruggie oor die rivier stop om te kyk of ons nie forel sien nie. En ek het vangplekke gesoek vir volgende keer. Een van die bakens vir 'n lekker stroompie is 'n telefoonhokkie wat daar in die middel van nêrens staan!

Vredesrus het twee heerlike selfsorg huisies en 'n reuse dam van 18 ha waar daar lekker groot forelle is. Ek het vir ons twee mooi 1kg reënboogforelle gehou vir aandete. Ek het die forel gebraai in 'n pekanneut en gooseberry sous. Ons het heerlik geëet en gekuier. Ons het twee heerlike (en koue) dae daar deurgebring voordat ons oor Mclear, Matatiele en Kokstad na die strandhuis by Uvongo is.

Hierdie wêreld sien my weer.

 

DIE TWEEDE BESOEK IN APRIL 2004

Karringmelkspruit by Lammergeyer

Karrinmelkspruit by Lammergeyer
   

 

ANDER PLEKKE WAAR DIE VISSE GEBYT HET EN NIE GEBYT HET NIE

Davies Trout - Beth Sean - Soutwater vlieghengel - Geelvis in die Rietrivier